Namibian Lives Matter doen navorsing vir internasionale aksie

Die nasionale uitvoerende voorsitter van die Namibian Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti, sê hulle is stans besig met navorsing voordat hulle enige verdere stappe neem in die saak van die Nchindo-broers. Dit volg nadat landdros Taboka Mopipi van Botswana beslis dat die Botswana-weermag nie aanspreeklik gehou kan word vir die dood van die vermoorde broers en hul neef, wat onder twyfelagtige omstandighede doodgeskiet is terwyl hulle in 2020 in die Choberivier in Botswana visgevang het nie. Vroeër vanjaar het Mudabeti gesê hulle is deur hul regspan ingelig dat hulle die moontlikheid van ‘n appèlsaak moet ondersoek voordat hulle die internasionale wêreld kan nader. Mudabeti deel die jongste in dié verband met Kosmos 94.1 Nuus.