Besluit oor Gauteng se e-tolstelsel eers in Februarie 2022 geneem

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister , Fikile Mbalula, sê ‘n besluit oor Gauteng se e-tolstelsel sal in Februarie geneem word. Hy het oor die stand van sy departement se instellings gepraat. Mbalula sê die Ouditeur-Generaal wys daarop Acsa en Sanral was die hoofbydraers tot onreëlmatige uitgawes en Prasa se onreëlmatige uitgawes het 742 miljoen rand beloop. Mbalula sê die bekendmaking van die Wetsontwerp op Ekonomiese Regulering van Vervoer wat tans voor die Parlement is, sal verandering in die bedryf teweeg bring.