Vier tienerseuns in hegtenis ná moord op 12-jarige meisie in Liverpool

Vier seuns is in hegtenis geneem ná gisteraand se moord op ‘n jong meisie in die Engelse stad Liverpool. Die polisie in Merseyside sê die 12-jarige Ava White het katastrofiese beserings opgedoen toe sy aangerand is ná ‘n woordewisseling tussen haar groep vriende en ‘n groep seuns. Die verdagtes is tussen 13 en 15 jaar oud. Internasionale media berig die voorval het gebeur kort nadat die stad se Kersliggies aangeskakel is. Ava is hospitaal toe geneem waar sy ‘n rukkie later gesterf het. Die polisie het ‘n beroep op ooggetuies gedoen om na vore te kom.