Beskerm jong meisies teen MIV – Mashatile

Die buurland se adjunkpresident Paul Mashatile het gemeenskappe gevra om leiding te neem in die stryd teen die MIV/Vigs-pandemia. Hy het die amptelike Wêreld-Vigsdag-geleentheid in KwaZulu-Natal toegespreek. Mashatile vra ook vir die beskerming van tienermeisies, want die jongste statistiek toon hulle is weerloos teen besmetting.