Kriminele saak teen Trump kan voortgaan

Donald Trump het nie immuniteit teen kriminele aanklagte vir aksies wat hy as president geneem het nie, het ‘n Amerikaanse regter beslis. Distriksregter Tanya Chutkan het Trump se poging verwerp om die saak wat hom daarvan beskuldig dat hy onwettig probeer het om sy verkiesingsverlies in 2020 om te keer, van die hand gewys. Die regter het ook Trump se argument verwerp dat die aanklagte sy vrye spraak-regte ingevolge die eerste wysiging van die Amerikaanse Grondwet skend. Hierdie saak teen Trump, wat onskuldig gepleit het, is geskeduleer om in Maart volgende jaar aangehoor te word, maar hy kan teen die bevinding appelleer.