Besige politieke jaar lê voor vir Namibië

Die Namibiese politieke jaar van 2022 is op ‘n lae noot afgesluit wat parlementêre sittings van die Nasionale Vergadering betref. ‘n Aantal sittings moes afgelas word as gevolg van geen kworum bereik nie, nadat opposisielede uit die parlement geloop het. Met 2024 se presidensiële en algemene verkiesings in gedagte, word ‘n besige jaar op die politieke front verwag. Landless Peoples’ Movement se parlementslid, Utaara Mootu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hul planne vir 2023.

Wat die swak eksamenuitslae van 2022 betref, eis Mootu ook dat die minister van onderwys afgedank word.