Intense weerstelsels neem toe in verskeie dele in die wêreld

Die swaar reënval die afgelope twee maande in verskillende dele van die land dui op ʼn verandering in Suid-Afrika se weerstelsels. ʼn Professor in klimatologie, Francois Engelbrecht, sê die onlangse neerslae is veroorsaak deur ʼn styging in die lugdruk-stelsels wat bygedra het tot die verandering in die vlak van reënval in die land. Hy bevestig data dui daarop intense weerstelsels neem in verskeie dele van die wêreld toe, en Suid-Afrika is nie daarvan vrygestel nie. Engelbrecht voorspel die swaar reën sal selfs ʼn probleem in droë provinsies word.