Ontwerper Ralph Lauren van plagiaat beskuldig

Die hoof van die Mexikaanse kommissie vir kulturele aangeleenthede en vrou van die land se president het die Amerikaanse mode-handelsmerk, Ralph Lauren, van plagiaat beskuldig vir die gebruik van inheemse ontwerpe. Beatriz Gutierrez het in ‘n boodskap op sosiale media gesê hoewel Lauren natuurlik van Mexikaanse ontwerpe hou, moet hy besef plaigaat is onwettig en immoreel. Gutierrez is met die president, Andres Manuel Lopez Obrador, getroud. Volgens internasionale nuusagentskappe het sy ‘n foto van ‘n baadjie met die Ralph Lauren-etiket op sosiale media geplaas en sê dit kom ooreen met dié van die Mexikaanse gemeenskappe van Contla en Saltillo.