Beserings kniehalter Haaie

Die Haaie gaan vir ‘n lang tydperk sonder die voorry-duo Bongi Mbonambi en Vincent Koch moet klaarkom, weens kniebeserings. Mbonambi moes die veld vroeg verlaat in die Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland verlede maand in Parys, nadat hy ‘n kniebesering opgedoen het. Koch het ook die Wêreldbeker-eindstryd weens ’n kniebesering misgeloop. Die Haaie-afrigter, John Plumtree, sê Mbonambi kan tot ses maande op die kantlyn wees, terwyl Koch tot drie maande lank buite aksie sal wees.