Beroep op Rehoboth-inwoners om te help met skoonmaak

Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junias, het ‘n beroep op inwoners gedoen om Vrydagoggend om nege-uur hul moue op te rol en te help om die begraafplaas skoon te maak. Die burgemeester sê dit is belangrik dat inwoners verenig en die grafte van hul geliefdes skoon hou. Junias vra aan inwoners om gereedskap saam te bring.