Onwettige handel in drank wek kommer in SA

Die Nasionale Drankhandelaars in die buurland is bekommerd oor die onwettige drankbedryf, veral in die landelike gebiede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die volg na die nuus van metanol wat in die liggame van die 21 tieners gevind is wat gesterf het by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen. Lucky Ntimane van die organisasie sê die onwettige mark vir alkohol groei en beloop tans 20 miljard Suid-Afrikaanse rand. Ntimane sê die organisasie is bemoedig deur die owerhede se bereidheid om saam met die drankbedryf te werk om nog ‘n taverne-tragedie te voorkom.