Namibiese brandstof-kleinhandelaars wag steeds op antwoorde

Namibiese brandstof-kleinhandelaars het gehoop die ministerie van myne en energie verskaf vandag tydens ‘n vergadering aan hulle finale antwoorde ná ‘n reekse vergaderings tussen die twee belanghebbendes. Die kleinhandelaars het ‘n beter winsgrens op brandstofverhandeling geëis, asook die minister se standpunt oor die onwettige Angolese brandstof wat in die noorde van Namibië verhandel word. Petroleum-ekonoom van die ministerie, Abednego Ekandjo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die uitkoms van die vergadering sal via ‘n amptelike mediaverkalring bekend gemaak word wanneer die ministerie sy berekeninge gedoen het.