Berlyn stuur Covid-entstof na China

Berlyn het die eerste besending Covid-entstof na China gestuur. Dit is die eerste buitelandse Covid-entstof wat in die land afgelewer word. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê China verskaf moontlik nie die ware syfers vir die nuwe vlaag Covid-gevalle in die land nie. Amptenare en wêreld-gesondheidsbeamptes buite China hou die toename angstig dop. Die direkteur van die WGO se gesondheids-nood-programme, Mike Ryan, sê hoësorg-eenhede raak vol, terwyl tientalle lykswaens tou-staan buite ‘n krematorium in Beijing . China se Covid-entstowwe is nie bygewerk om die hoogs-aansteeklike Omikron-variant te teiken nie.