Tennis: Boris Becker het sy les in die tronk geleer

Tennis: Die gewese wêreld nommer een, Boris Becker, sê hy het sy les geleer in die tronk. Hy is vrygelaat ná sewe en ‘n half maande in ‘n Britse gevangenis en na sy vaderland, Duitsland, gedeporteer. Daar is bevind hy het 50 miljoen Namibiese dollar se bates weggesteek om nie sy skuldeisers te betaal nie. ‘n Heelwat skraler Becker het aan ‘n Duitse televisie-stasie gesê hy was die eerste keer in sy lewe werklik honger. Hy sê hy het doodsdreigemente gekry, die selle was baie vuil en ván sy mede-gevangenes was uiters gevaarlike misdadigers.