Berggorillas in DRK veilig vir nou

Die skaars berggorillas in die Virunga Nasionale Park in die Demokratiese Republiek van die Kongo is veilig en word nie bedreig deur die uitbarsting van vulkaan Nyiragongo nie. Die Kongolese Instituut vir Wildbewaring hou toesig oor die natuurlewe-vesting. Die park, wat ‘n Unesco-wêreld-erfenisterrein is, beslaan 600 000 hektaar tropiese reënwoude wat die tuiste is van die wêreld se grootste bevolking oostelike laagland-gorillas. Die vulkaan se hange troon uit bo die stad Goma en die Kivu-meer. Nyiragongo het Saterdag uitgebars en duisende inwoners paniekbevange laat vlug.