Bergfietsry: Namibiërs druk hul stempel op The Munga af

Namibiese bergfietsryers het hul stempel goed op The Munga-bergfietswedren van 1 100 kilometer vanaf Bloemfontein na Wellington in Suid-Afrika afgedruk. Nie net is Martin Freyer die wenner nie, Henning van Wyk is vyfde en MC Dreyer beklee die sesde plek. Leonard Martin is naby die eindstreep van die taai uitdagingsrit wat in 120 uur of vyf dae voltooi moet word om die afsnypunt te haal. Altesaam 150 fietsryers het Woensdag in Bloemfontein weggespring. Freyer se sege sluit aan by Drikus Coetzee se oorwinnings vroeëer vanjaar in die Munga Grit asook die Munga Tankwa.