Duin 7 tot 15 Desember gesluit

Die Namibiese omgewingsministerie het aangekondig Duin 7 naby Walvisbaai in die Dorob Nasionale Park sal vanaf vandag tot 15 Desember vir besoekers gesluit sal wees. Dit volg nadat die ministerie ook onlangs aangekondig het dat besoekers vanaf Desember toegangsfooie tot Duin 7 sal moet opdok om die geriewe in stand te hou. Volgens die woordvoerder, Romeo Muyunda, sal dié gewilde toeriste-trekpleister gesluit wees om opgradering en herstelwerk aan die ablusiegeriewe en ander infrastruktuur te doen. Muyunda sê die ministerie wil Duin 7 skoonmaak voor toeriste tydens die feesseisoen daarheen stroom.