Repokoers nog ‘n knou vir boere in SA

Die landbou-ekonoom, Dawie Maree, sê dis onvermydelik dat boere as gevolg van die verhoogde uitleenkoers meer vir skuld sal betaal. Hy sê daarmee saam moet boere verhoogde insetkoste soos die reusestygings in brandstofpryse, kunsmis, plaagbeheer en onkruiddoder ook in die huidige seisoen verwerk. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die uitleenkoers met 25 basispunte verhoog. Maree sê die relatiewe lae rentekoerse en onlangse sterk verbruikerspryse het boere in ‘n gunstige posisie geplaas: