Berei Museveni se seun voor vir presidentskap?

Die seun van Uganda se president, Yoweri Museveni, sê hy het uit die weermag getree in ‘n stap wat algemeen beskou word as voorbereiding vir ‘n moontlike aanloop vir die presidentskap in 2026. Luitenant-general Muhoozi Kainerugaba, wat al 28 jaar in die weermag is, is deur die geledere gehaas deur sy pa. Museveni, 77, wat die Oos-Afrikaanse land sedert 1986 regeer, het herhaaldelik beskuldigings ontken dat hy die mag aan sy seun wil oorgee, hoewel Kainerugaba se ondersteuners sê hy het die reg om die land se presidentskap nes enige ander burger. Kainerugaba het op Twitter sy steun vir Rusland uitgespreek met die land se inval in die Oekraïne.