Hongkong se Covid-maatreëls gemik op ouer inwoners

Hongkong se leier, Carrie Lam, het ‘n reeks Covid-19-maatreëls aangekondig wat op ouer inwoners gemik is. Dit volg op ‘n styging in gevalle in versorgingsoorde terwyl sterftes skerp toeneem onder die stad se meestal oningeënte senior burgers. Media berig Lam het op ‘n nuuskonferensie inligting verstrek oor ander aspekte van die stad se stryd teen die pandemie, insluitend ‘n universele toets-veldtog wat daarop gemik is om die heersende vyfde vlaag teen te werk. Haar optrede volg op oproepe van die staatsleier, Han Zheng, vir sterker, meer beslissende leierskap.