SA Mediese Vereniging steun nie wetsontwerp op gesondheidsversekering

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy kan nie sy volle steun aan die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekerings gee nie. Die doel van die wetsontwerp is om alle Suid-Afrikaners algemene toegang tot gehalte gesondheidsorg te gee, soos verskans in die Grondwet. Die Grondwet bepaal dat gesondheidsorg ‘n fundamentele mensereg is. Angelique Coetzee van die vereniging sê baie besonderhede van die wetsontwerp sal ingesluit wees in die regulasies en reëls wat nog ontwikkel moet word en daarom kan hulle nie nou al daarop kommentaar lewer nie.