Beplan voor aftrede vir mediese fonds-tariewe

Vir die meerderheid van afgetredenes is mediese koste en mediese fonds-tariewe ‘n groot uitgawe. Ironies genoeg, word hierdie kostes nie in ag geneem wanneer mense hul aftreeplanne maak nie. Dit is belangrik om realisties en eerlik met jouself oor mediese kostes vir die toekoms te wees, sê Hein Kruger, uitvoerende hoof van Kruger International Wealth & Asset Management, aan Kosmos 94.1 Nuus.