Is die Basiese Inkomste-toelae (BIG) te groot?

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in die kwartaallikse ekonomiese oorsig met die fokus op die Basiese Inkomste-toelae, oftewel BIG, gevra of BIG te groot is. ‘n Basiese Inkomste-toelae van 100 Namibiese dollar per maand sal jaarliks ‘n bruto besteding van sowat twee miljard Namibiese dollar behels. BIG het ‘n tweejarige loodsprojek op Otjivero vanaf 2007 begin, waarvan die resultate vervat is in ‘n verslag van 2008. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die toelae is ‘n goeie idee, maar hy vra of dit bekostig kan word.