Wenner van Windhoek Draught se beperkte uitgawe-blikkie bekend

Windhoek Draught, ‘n eg Namibiese bier wat gebrou en gebottel word deur Namibia Breweries Limited, van die Ohlthaver en List-groep, het in Mei ‘n veldtog van stapel gestuur om Namibiërs die geleentheid te gee om die perfekte beperkte uitgawe van ‘n Windhoek Draugt-blikkie te ontwerp. Geraldo du Toit van Windhoek is as die wenner van die kompetisie aangewys. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die O&L Groep gesels met Kosmos 94.1 Nuus.