Nampol-hoof hou Maandag misdaadvergadering in Kavango-Wes

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, gaan môre met die publiek en sakegemeenskap van die Kavango-Wes-streek oor misaadkwessies vergader. Die goewerneur van die streek, Sirkka Ausiku, sal ook teenwoordig wees. Die vergadering met die gemeenskap vind vanaf nege-uur môreoggend by die Ncamangoro-kiesafdelingskantoor plaas. Daarna kom die sakegemeenskap om twee-uur die middag byeen by die Nkurenkuru-gemeenskapsaal. Kavango-Wes is volgens Nampol een van die top-drie-streke met die laagste misdaadstatistieke in die land.