Banyana is deur na kwarteindronde

Banyana Banyana is deur na die kwarteindronde van die Afrikanasiesbeker vir vroue in Marokko met nog een wedstryd oor. Suid-Afrika het Burundi gisteraand in hulle Groep C-wedstryd met 3-1 afgeransel. Thembi Kgatlana en Amogelang Motau het in die eerste helfte een doel elk bygedra terwyl Linda Motlhalo in die 53ste minuut met ‘n strafskop geslaag het. Banyana Banyana se kaptein, Refiloe Jane, sê hulle is tevrede met hulle vertoning: