Beloning uitgereik ná moord op Duitse toeris in SA

Die Kruger Laeveld Sake- en Toerismekamer in Mpumalanga bied ‘n beloning van 50 000 Suid-Afrikaanse rand aan ná die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin. Onbekende aanvallers het die slagoffer op die Numi-pad naby Witrivier doodgeskiet. Die kamer se uitvoerende hoof, Linda Grimbeek, sê hulle hoop die beloning sal help om die misdadigers vas te trek.