Belgiërs sat vir inperkings

Die polisie het traangas en waterkanonne gebruik om duisende mense uiteen te jaag wat in Brussel, België betoog het teen strenger Covid-19 beperkings. Volgens internasionale media, is die betogers veral gekant teen die gebruik van Covid-19-passe wat mense wat nie ingeënt is nie, verhoed om by plekke soos restaurante en kroeë in te gaan. Verskeie lande beleef reeds ‘n vierde vlaag, en was daar ook versetoptrede teen inperkings in Oostenryk, Italië, Switserland, Denemarke, Kroasië en Nederland.