Bach gesels met Peng

Die Internasionale Olimpiese Komitee sê sy president, Thomas Bach, het gister met die Chinese tennisster Peng Shuai ‘n video-gesprek gehad. Die 35-jarige het van die toneel verdwyn sedert sy op sosiale media beweer het die gewese vise-premier van China het haar seksueel aangerand. Na openbare reaksie het die Chinese staatsmedia ‘n reeks foto’s en video’s vrygestel om te wys sy is ongedeerd. Volgens die IOK sê Peng sy is veilig en gesond in haar huis in Beijing, maar sy vra dat haar privaatheid in hierdie stadium respekteer word.