Duitsers vas in Noord-Kaap vir reptiele

Twee Duitse burgers is naby Askam in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van die besit van reptiele en dwelms. Die polisie sê die mans is in hegtenis neem as deel van ‘n gesamentlike geheime reptiel-operasie deur die Valke en die Groen Skerpioene. Die mans is betrap vir die onwettig vang en handeldryf met reptiele , onder meer die bedreigde en beskermde ietermago-gordelakkedis, akkedisse en skilpaaie. Tydens die inhegtenisneming is ook op dagga en ander dwelms beslag gelê. Die plaaslike herpetoloog Francois Theart het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die getalle van reptiele plaaslik afneem as gevolg van stropery, veral omdat buitelanders eksotiese troeteldiere soek.