Beleid vir skoolswangerskappe in SA van stapel gestuur

Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van onderwys, Reginah Mhaule, stel vandag ‘n beleid vir die voorkoming en bestuur van swangerskappe onder leerders in skole bekend. Altesaam 36 262 swangerskappe is in die eerste kwartaal vanjaar onder meisies tussen die ouderdomme van tien- en 19-jaar-oud aangemeld. Hiervan was 1 053 swangerskappe onder meisies van tien- tot 14-jaar oud. ‘n Woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, sê hul beleidsraamwerk word steeds versterk om die gesondheid en welstand van leerders in skole te verseker.