Korrupte tronkbeamptes plaas eerlikes in gevaar

Korrektiewe Dienste het uitdagings met beamptes wat gevangenes bystaan om wapens, selfone en ook toerusting om te ontsnap te bekom. Die hoof van die diens, kommissaris Raphael Hamunyela sê die korrupte beamptes plaas die lewens van eerlike personeel in gevaar. Kosmos 94.1 Nuus het met kommissaris Sam Shaalulange van die personeeldirektoraat by die diens gepraat oor die uitdagings.