Belastingverlaging in plaas van salarisverhoging – NamRA sê

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê hy het geen magte om belastingwetgewing of skale aan te pas nie. Dit kom na ‘n beroep deur die Namibia Local Business-vereniging, Naloba, wat meen dat in plaas van ‘n verhoging vir staatsamptenare, moet hulle belasting eerder met 10 persent gesny word en sodoende, geld terug in hul sakke te sit. Steven Ndorokaze, woordvoerder van NamRA is aan die woord.