Belastingopgawes moet teen Vrydag ingedien word

Belastingbetalers word daaraan herinner dat opgawes teen Vrydag by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, ingedien moet word. Die Itas-stelsel moet gebruik word vir aanlyn indienings van opgawes. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA se woordvoerder, Steven Ndorokaze gepraat, wat ook die publiek aan die amnestie herinner het.