Belastingontduiker? NamRA is nie magteloos nie

‘n Tweede amnestie word in Junie deur NamRA in die land aangebied. Verlede jaar het die agentskap bekend gemaak dat 43 persent van Namibiese belastingbetalers nie voldoen aan hulle verantwoordelikhede nie. NamRA se kommissaris, Sam Shivute, sê die agentskap is nie magteloos in so geval nie en daar is stappe wat hy kan neem teen mense wat versuim om hul belasting te betaal.