Pa, 24, verskyn vandag vir verkragting van sy babaseuntjie

‘n Man van 24 jaar is in hegtenis geneem vir die verkragting van sy babaseun naby Okongo in die Ohangwena-streek. Die polisie sê die ma van die kind het in Maart reeds beserings op die kleintjie agtergekom maar, niks vermoed nie. Die seuntjie kan nog nie praat nie. Gedurende die nag van 12 April, toe die familie saam in een bed geslaap het, het die ma wakker geword terwyl die pa sy seuntjie verkrag. Die polisie sê die man het gevlug maar is Maandag aangekeer. Hy sal na verwagting vandag in die Eenhana-landdroshof verskyn.