Belastinglas sal nie verminder nie, beleid is verkeerd

Kenners meen die beleidsrigtings van die Namibiese regering sal min verligting bring aan die belastinglas in die land. Slegs 307 000 mense is werksaam in die land se formele sektor waarvan ‘n skamele 190 000 in die privaatsektor is, gemeet in 2018 en moontlik tans laer met die werksverliese verlede jaar. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging sê daar is min wat belasting betaal vir die meerderheid om voordeel te trek.