NamWater-baas praat oor Swakoppoort se besoedeling

NamWater het groot uitdagings met besoedeling in Swakoppoortdam. Die besoedeling van die hoofstad se informele nedersettings sowel as industriële besoedeling voor die Ujams-behandelingaanleg opgegradeer is, het tot die probleem bygedra. NamWater het ‘n paar jaar gelede Solar Bees op die dam geinstalleer in ‘n poging om van toksiese alge ontslae te raak deur die water te sirkuleer. Die dam is tans op 83 persent en dus is die vlakke van besoedeling laer. NamWater se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia sê hulle hou die situasie fyn dop.