SA se nuwe hoof vir Onafhanklike Verkiesingskommissie aangewys

Mosotho Moepya neem vandag oor as die nuwe uitvoerende hoof van Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie. President Cyril Ramaphosa het die aankondiging gemaak. Moepye het sedert 1998 verskeie senior poste in die OVK beklee en die afgelope vier-jaar as voltydse lid gedien. Moepya volg Pansy Tlakula op, wat in November verlede jaar as voorsitter van die OVK aangestel is.