Belarus bring weer vlugtelinge terug grens toe

En die drama by die Pole-Belarus grens duur voort. Poolse owerhede sê Belarus is weer besig om honderde vlugtelinge na die grens te vervoer, nadat hy Donderdag kampe by die grens ontruim het en begin het om vlugtelinge terug te vlieg na hulle geboortelande. Europese regerings sê Minsk vlieg vlugtelinge vanuit Irak en Sirië in en vervoer hulle na die grens met Pole, as wraak teen sanksies wat teen Lukashenko en sy regering ingestel is. Tien mense is reeds dood in die woude in Belarus en die Poolse weermag hou die vlugtelinge terug. Nou word daar beweer dat groepe terugkeer en Lukashenko se soldate hulle in die nag bystaan om oor die grens te kom.