Covid: 0,2% positief

Daar is twee nuwe Covid-gevalle bevestig uit 967 toetse wat ‘n positiewe koers van 0,2 persent verteenwoordig. Albei is in Windhoek en een van die gevalle het sy eerste dosis Covid-entstof ontvang. ‘n Totaal van 28 pasiënte het herstel wat die aktiewe gevalle op 64 te staan bring. Die verslag is steeds met ‘n dag vertraag en is die syfers vir die 18de November. Volgens die gesondheidsministerie het net meer as 352 000 mense hulle eerste Covid-spuit ontvang en net meer as 291 000 mense is ten volle ingeënt. Daar is 102 persone in kwarantyn.