Beesuitvoere vertoon baie goed in Oktober

Namibië se beesvleismark het groei van 36 persent in Oktober aangeteken as gevolg van ‘n 60 persent toename in uitvoere op die hoef. Net meer as 15 660 diere is uitgevoer teenoor die net meer as 9 800 in September. Agribank sê 99 persent van die diere is na Suid-Afrika uitgevoer, ná die verbod op die beweging van beeste wat in September ingestel is, opgehef is. Die bank sê hy verwag dat veebemarking vir die res van die jaar op ‘n opwaartse trajek sal bly, tesame met die verwagte reënseisoen en die hervatting van speenkalfuitvoere na Suid-Afrika. Kleinveebemarking het in Oktober relatief goed gevaar het nadat skaapbemarking ‘n gemiddelde afname van 30 persent tussen Julie en September aangeteken het. Daar was net ‘n daling vna 9 persent in Oktober, teenoor die syfers wat in September gemeet is. Daar is merkwaardige groei in bokbemarking opgemerk, met ‘n toename van 44 persent in Oktober vergeleke met September.