Bek-en-klouseer weer in Kabbe, Zambezi, bevestig

Die Direktoraat Veeartsenydienste in die landbouministerie bevestig ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in die Kabbe-kiesafdeling in die Zambezi-streek. Die hoof van die diens, dr. Albertina Musilika-Shilongo, sê ‘n boer het die Katima Mulilo staatsveearts vroeër in kennis gestel van ‘n paar beeste met kliniese tekens van bek-en-klouseer. Musilika-Shilongo sê 14 gevalle is in die trop van 230 bees bevestig. Beide Kabbe Suid en –Noord is as besmette gebied verklaar en vervoermaatreëls is reeds ingestel. Die maatreëls geld vir 14 dae en sal daarna hersien word. Sy het verder verduidelik dat daar ‘n bewegingsbeperking op alle gesplete hoef diere geplaas is, uit en deur die gebied, en dat voorheen uitgereikte permitte vir die gebied gekanselleer en herroep word.