Kontakklasse aan Tukkies opgeskort

Alle kontakklasse aan die Universiteit van Pretoria, waar talle Namibiese studente studeer, is vir die volgende tien dae opgeskort. Visekanselier Tawana Kupe het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die stap noodsaaklik is as gevolg van die kommerwekkende toename in Covid-19-gevalle in Gauteng. Hy benadruk dat die gesondheid en veiligheid van studente en personeel van die uiterste belang is. Die opskorting sluit alle laboratorium en praktiese klasse in. Die universiteit sal ook die komende eksamen hersien wat beplan is om op kampus geskryf te word.