Olimpiese vlam kom in Beijing aan

Die Olimpiese vlam het volgens die Chinese staatsmedia in die land aangekom voor volgende jaar se Winterspele in Beijing. Die stad is die eerste om ‘n Somer- én ‘n Winterspele aan te bied. Sowat twee-duisend-900 atlete van 85 lande gaan na verwagting van 4 tot 20 Februarie aan die byeenkoms deelneem. Die Internasionale Olimpiese Komitee sê die vlam gaan by die Olimpiese toring in die hoofstad vertoon word voor dit op ‘n toer deur die land geneem word.