Behuisingsprojek op Kongola gaan altesaam 202 huise bou

Die Shack Dwellers Federation het begin met die konstruksie van fase drie van sy behuisingsprojek by Kongola in die Zambezi-streek. Inwoners het reeds materiaal ontvang en begin met die bou van hul huise. Inwoners sê ‘n uitdaging is ‘n gebrek aan water, asook die vervoer van materiaal, met alles wat vanaf Katima Mulilo ingebring word en sonder behoorlike stoorplek. Die eerste fase het bestaan uit 19 huise wat gebou en aan die eienaars oorhandig is, gevolg deur fase twee waartydens 35 huise gebou is. Gedurende die derde fase gaan 35 huise gebou word. Die totale aantal huise wat teen die einde van die projek by Kongola gebou gaan word, is op 202 vasgestel.