Phala Phala-verslag aan NUK oorhandig

Die ANC se integriteitskommissie het beplan om vandag sy verslag oor die Phala Phala-plaasdiefstal aan sy nasionale uitvoerende komitee voor te lê. Dit volg ná hul ontmoeting met President Cyril Ramaphosa nadat die Artikel 89-verslag vrygestel is. Die verslag het bevind die president het moontlik ‘n saak om te antwoord omdat hy nie die diefstal by sy plaas in Limpopo behoorlik aangemeld het nie. Die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe, sê die party se nasionale werkkomitee het versoek die verslag moet regstreeks na die NUK geneem word vir afhandeling.