Behuisingsdatabasis vir Namibië bekend gestel

Namibië het ‘n eenstopsentrum-behuisingsdatabasis bekend gestel om akkurate behuisingsbehoeftes in die land op te spoor en regeringsbesluite te verbeter. Die projek, wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling bestuur word, sal onder meer behuisingsbehoeftes, behuisingsvoorraad, grondgebruikbestuur en informele nedersettings dophou. Die minister Erastus Uutoni sê die bekendstelling van die projek is ‘n belangrike mylpaal aangesien dit beter ingeligte besluite en ingrypings oor behuising sal toelaat.