Tina Turner kry Barbie-pop

Die speelgoedvervaardiger, Mattel, vereer Tina Turner op die 40ste herdenking van haar trefferliedjie, What’s Love Got To Do With It, met ‘n Barbie-pop wat soos sy lyk. Die pop is deel van hulle Barbie Signature Music Series, en is geklee in ‘n uitrusting wat geïnspireer is deur die musiekvideo vir die liedjie – ‘n swart minirok en ‘n denimbaadjie en Turner se kenmerkende haredos. Die 82-jarige legende sê sy verwelkom haar Barbie in die groep vroulike baanbrekers wat reeds deel is daarvan. Sy vertrou die pop sal meer kinders aan haar lewensreis bekendstel.