Beheermaatreëls teen longsiekte opgehef

Die Namibiese landbouministerie sê die beheermaatreëls wat teen longsiekte in die noordelike kommunale gebiede ingestel is, is opgehef. Die siekte het reeds in Februarie vanjaar uitgebreek in die twee Kavango-streke, Ohangwena, Oshikoto, Omusati en Kunene. Volgens die ministerie is 94 persent van al die bees in die besmette streke reeds ingeënt. Die ministerie maan boere om enige moontlike gevalle of simptome van die siekte onmiddellik aan te meld.